Curtain Production bied aan – Mike McCully and The Harmonix: Tribute to Abba, volgende Vrydag (5 Mei) in die Moorreesburg-stadsaal.

Mike en sy broer Tully het in 1969, nadat hulle aan universiteit gegradueer het, ’n groep gevorm en dit die McCulley Workshop genoem. Dié jong groep het in hul eerste jaar reeds drie top-10-treffers gehad – alles in hul eie klein opname-ateljee in hul motorhuis opgeneem. Dit is gevolg deur “Chinese Junkman” en “Buccaneer”, wat reguit op die bopunt van die treffersparade beland het. Dié liedjies is deur Mike self gekomponeer.

“Buccaneer” is in 1978 as die liedjie van die jaar aangewys toe die groep ook as die beste groep in Suid-Afrika aangewys is. Dit het hulle internasionale erkenning besorg.

Mike het in die vroeë 1990’s besluit om huldeblykvertonings te doen en ’n groep vooraanstaande professionele musikante (Mike McCulley and the Harmonics) saamgestel en hul 60’s Something– en Station 70’s-vertonings, wat jare lank suksesvol was, deur die land geneem. Hulle het al by Grand West, Emperor’s Palace, Artscape en die Baxter-teater opgetree en ook met groot erkenning wyd deur Suid-Afrika en Namibië getoer.

Hul ABBA-huldeblyk is deur duisende mense oor Suider-Afrika heen geniet. Dit is ’n wonderlike aand se vermaak wat ’n mens nie moet misloop nie.

Die vertoning begin om 07:30; kaartjies kos R160. Bel Marius Bothma by 082 953 6942 om te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article