Canada Ely van Mosselbaai en Elrin Mouries en Octavia Otto van Robertson.

Credit: SYSTEM

Die twee enigste meisies in die o.14- en o.18-span van Langeberg- 8 Ball Pool-liga, Octavia Otto (o.14) en Elrin Mouries (o.18), het die eerste keer in die SA junior en senior kampioenskappe deelgeneem en baie kennis in Saldanhabaai opgedoen.

Saam met hulle was nog ’n meisiespeler van Mosselbaai, Canada Ely (o.18). Dié drie meisies het met topklas-spelers te doen gekry, maar hulle gewys wat vroue op die potspeltafel kan doen. Dit was ’n groot stap in al drie se lewe.

Al drie spelers het vir die Kaapse Wynland by die potspeltafel aangetree, en die Kaapse Wynland is baie trots op hulle. Telkens wanneer hierdie drie meisies hul wedstryde gespeel het, het die ander provinsies se spelers om hul tafels saamgedrom om te kyk hoe hulle spelers kantlyn toe stuur – veral Octavia, wat in die o.14-span is, toe sy in die halfeindronde 2/4 punte vir haar span behaal het.

Gerald Otto, die hoofafrigter, sê hy weet Laerskool Dagbreek gaan baie trots wees – veral die skoolhoof, Neville Padiachy, en Mnr. Tiemie.

Elrin het selfs mans op hul tone gehad toe sy die balle een na die ander gesink het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article