Die Lions-diensorganisasie, wat ondersteunende projekte en uitreike in Malmesbury doen, reël ook jaarliks dat Jan Alleman gratis bloedsuikertoetse kan ontvang. Die doel hiervan is voorkomend van aard, sê Marzanjah Ackerman van Malmesbury Lions.
“Die ideaal is dat verhoogde suikervlakke lekker vroeg opgespoor en behandel word, juis daarom reël die Lions dit reeds 15 jaar lank in die dorp.
Nadat hierdie inisiatief in die Malmesbury-biblioteek begin is, het hierdie toetse intussen na die De Bronsentrum verskuif.
“Dit pas ook in by die Lions se leuse, naamlik ‘We Serve’.”




