Liebenberg Primêr se o.13A-rugbyspan het die afgelope naweek as die wenners van die 7’s-rugbytoernooi in Citrusdal weggestap. Die toernooi het op 14 September by Citrusdal Primêr plaasgevind waar Liebenberg Primêr die span van die Laerskool Olifantsvallei in die eindronde geklop het. Die wentelling was 41-7. Elridge Levendal van Liebenberg Primêr is as die speler van die toernooi aangewys.


Liebenberg Primêr wen 7’s-toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article