Die skrywer Irma Venter besoek die Malmesbury-biblioteek Saterdag 19 November om 10:00. Belangstellendes kan vir slegs R50 na die skrywer van Die Verkeerde Vrou, met Tafelberg as uitgewer, luister.
Die Verkeerde Vrou is pas as Netwerk24 se beste verkoper vir Oktober aangewys.
Skakel 022 4879439 om jou sitplek te bespreek. Kaartjies sluit ligte verversings in.


