Die Robertson-kindersorg-vereniging hou eersdaags ’n dwelmmisbruik-projek van 10 tot 14 Julie.

Credit: SYSTEM

Die Robertson-kindersorg-vereniging hou eersdaags ’n dwelmmisbruik-projek van 10 tot 14 Julie, waar dié kindersorg-organisasie die jeug meer sal vertel oor die fisieke en sosiale gevare van dwelms.

Die projek sal in verskeie dele van Robertson aangebied word en begin op elke dag om 11:00 in Droëhuewel, Môreson, en Dorpsig, waar die plaaslike polisie die jeug sal inlig oor geweld wat met dwelmmisbruik gepaard gaan.

Buiten die polisie se bydrae sal die Bergsig-kliniek in Robertson die fisieke gevare van dwelms bespreek, met ’n sosiale werker wat oor die sosiale nagevolge sal praat.

Volgens die Robertson-kindersorg-vereniging sal besoek ook afgelê word by die plaaslike korrektiewe dienste waar beamptes die jeug sal aanmoedig om nie by bendegeweld en misdaad betrokke te raak nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article