Bestanddele

Handpasteie

400 g klaargemaakte pasteideeg (puff pastry)

60 ml roomkaas teen kamertemperatuur

4 kaasworsies, ongeveer 400 g

2 eiers, geklop

Sous

250 ml vol-vet ongegeurde (plain) jogurt

45 ml basiliekruid-pesto

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:

Verhit die oond vooraf tot 180 °C en voer twee groot bakplate met bakpapier uit.

Rol die deeg oop en sny in 4 groot reghoeke. Smeer elke stuk deeg met ’n bietjie roomkaas en lê kaasworsies op die kort kant van elk van die deegblokkies.

Rol elkeen in ’n silindervorm en sny dit in skywe van 1 cm dik.

Rangskik die skywe op die bakplate en laat ’n bietjie ruimte tussen elkeen.

Borsel elke skyf met die geklopte eiers en bak tot goudkleurig en gepof; 15-20 minute.

Vir die sous: Klits die bestanddele saam en geur dit na smaak. Sit die handpasteie warm voor of teen kamertemperatuur met die sous aan die kant.

Wenk: Die pasteie kan vooraf voorberei word, toegedraai en tot vyf dae in die yskas gebêre word. Sny dit eenvoudig en bak dit gedurende die week soos benodig.

Wenk: Die kaasworsies kan maklik vervang word met gerookte worsies of iets anders (viennas, bockwurst of russians).

Wenk: ’n Gegeurde roomkaas kan gebruik word in plaas van die gewone weergawe. Grasuie of spek-gegeurde roomkaas werk baie goed.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article