Judy le Roux, ’n inwoner van Aandskemering, ’n tehuis vir bejaardes in Malmesbury, het haar 100ste verjaarsdag Maandag (5 Augustus) saam met die personeel en inwoners gevier. Le Roux se familie het Sondag vir haar ’n partytjie gereël waar sy die spesiale dag saam met haar seun, Boesman, kleinkinders en agterkleinkinders kon vier. Sy het twee seuns gehad, van wie een al oorlede is. Sy sê haar geheim tot langlewendheid is harde werk.
Inwoner vier 100ste verjaarsdag
|
Share this post:




