Die jaarlikse interskole kragmeting tussen die Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool het soos oudergewoonte vir naelbyt-aksie gesorg.
Die eerstespanrugbywedstryd was ’n klipharde wedstryd wat tot kort voor die eindfluitjie nog in enige span se guns kon swaai. Die stryd is uiteindelik net-net met 15-17 deur Hugenote gewen.
Die o.19A-netbalspanne het hul staal gewys in ’n topklasvertoning deur al twee spanne, maar helaas was dit die Rockies wat ná ’n 27-23-oorwinning met groot glimlagte van die netbalbaan af gestap het. Die eerste-meisieshokkiespan het op hul beurt met ’n oorwinning van 1-0 oor Hugenote geseëvier terwyl die eerste-seunshokkiespan 0-1 verloor het.



