
onder huisgesinne op plase in die omgewing raakgesien en besluit om flesse en droeë sopbestandele en produkte in te samel. Talle inwoners en instellings het nie geskroom om by die inisiatief betrokke te raak nie. “Elke fles bied ‘n voedsame pot sop,” sê hulle trots. Die trust het sy dank teenoor onder meer Swartland Workwear, die Laerskool Swartland se Mammas-groep, A+ Educentre, CK Signs, onderwysers van Wesbank Sekondêr, NuFoods, BP Marine Catering, vriende en familie wat die projek ondersteun en help moontlik maak het, uitgespreek. Die Project Warm Jar stop nie by Mandela-dag nie en die trust moedig ander aan om hul projek te bly ondersteun. Foto: Lavern Maarman




You must be logged in to post a comment.