Die Hoërskool Swartland se o.19A-span het Saterdag in sy interskole-krieketkragmeting teen Hugenote Hoërskool geseëvier. Hugenote het die loot gewen en besluit om die span van Swartland eerste in te stuur om te kolf. HSS het 170 lopies aangeteken, waarvan Cobus Steyn (beste kolwer) 62 lopies ingeryg het. Hugenote het hierna ’n goeie teenaanval van stapel gestuur, maar kon slegs 137 lopies aanteken. HSS het die wedstryd dus met 32 lopies gewen. Die beste boulers was Carlo van der Merwe (3/36) ná 10 beurte en Stefan von Wielligh (2/16) ná ses beurte. Van agter is Wessel van Eck (afrigter), Yeoman van Zyl, Stefan von Wielligh, Juriaan Schreuder, Justus Schoonraad (skoolhoof), Cobus Steyn, Josh Muller, Carlo van der Merwe (kaptein) en Hattingh van Dyk (afrigter)

HS Swartland ryg wenlopies teen hugenote hoërskool in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article