’n Hoëspoed-jaagtog deur die plaaslike polisie, wat ’n gesteelde voertuig en sy insittendes agterna gesit het, het die afgelope Vrydagoggend om 03:25 in die omgewing van Wesbank afgespeel.

Die plaaslike polisie het gereageer nadat ’n leidraad in verband met ’n gesteelde voertuig onderweg na Malmesbury ontvang is. Die polisie het die betrokke voertuig in Darlingweg gewaar, waarna ’n jaagtog deur die polisie en die verdagtes gevolg het. Die verdagtes het by ’n grondpad op pad na Ilingelethu ingedraai en beheer oor die voertuig verloor.

Drie verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ’n gesteelde voertuig asook ’n ongelisensieerde en onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die verdagtes, onderskeidelik 27, 28 en 32 jaar oud, sou na wat verneem word Maandag in die landdroshof op Malmesbury verskyn. – Charlotte Lesch

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article