Dié nege leerders van die Hoërskool Swartland het onlangs aan die Bredasdorp Top-10-atletiekbyeenkoms deelgeneem.


Nege van die Hoërskool Swartland se atlete het verlede Saterdag (28 Oktober) aan die Bredasdorp-Top10-byeenkoms deelgeneem.

Die Hoërskool Swartland het 20ste uit die 75 spanne wat aan die byeenkoms deelgeneem het, geëindig.

Die medaljewenners was Zaidell Paulus, wat ’n derde plek in die 300 m-hekkies, ’n vyfde plek in 100 m-hekkies en ’n sesde plek in verspring vir seuns o.15 behaal het; en Lize-Mari Batt, wat ’n derde plek in verspring en in driesprong vir meisies o.17 losgespring het.

Die ander atlete se prestasies was soos volg: . Tafadzwa Mashiza behaal ’n vierde plek in 100 m-hekkies asook die 300 m-hekkies, vyfde plek in die 200 m en sesde plek in die 100 m vir seuns o.15.. Sunelle de Bruyn behaal ’n vierde plek in die 90 m-hekkies vir meisies o.15.. De Wet van Aswegen behaal ’n sesde plek in spiesgooi vir seuns o.15.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article