Die topatlete is (voor van links) Corné Conradie, Christiaan Stander, Jean Laubscher, Hannah Coetzee en Abongile Xotyeni. Agter is Marinda Strydom (afrigter), Carla Barnard, Imke Roux, Travis Eberhardt, Viljoen Botha en Jean-Luc van der Westhuizen.FOTO: HANLIE COETZEE


Tien van die Laerskool Gene Louw se topatlete het op Vrydag 18 Oktober aan die BD’s Top10-atletiekbyeenkoms by die Hoërskool Bredasdorp deelgeneem en ’n voortreflike vertoning gelewer.

Die Genies het altesame 10 medaljes verower – vier goues, ’n silwer en vyf brons – met Imke Roux se rekord in die 75 m-hekkies wat uitstaan as ’n hoogtepunt.

Daarmee het die skool volgens die ASA-puntetabelle ’n algeheel tweede plek onder 34 laerskole van reg oor die Wes-Kaap losgeslaan.

“Dit het werklik kopkrap geverg om hierdie groep saam te stel, wat die beste punte moontlik by die Top10-byeenkoms sou behaal,” sê Marinda Strydom, die skool se atletiekhoof.

“Dis ’n voorreg om soveel atlete met potensiaal te hê om van te kies.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article