Interskole 2022 is om die draai en ek wil graag vir elke span wat deelneem, sterkte toewens. Geniet elke oomblik en speel jul harte uit. Ek wil eerstens aan coach Francois sê: “Dankie dat jy altyd agter ons span staan.” Sonder hom sou ons span baie anders wees. Tweedens wil ek vir my span dankie sê omdat julle altyd bereid is om net jul beste te gee. Ek is trots op elkeen van julle en is dankbaar om deel van hierdie span te wees. Ek sien saam met julle uit na Interskole 2022 en weet ons gaan weer eens ons alles op daardie astro gee. – AW Steyn, o.19A- seunshokkiekaptein

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article