Rdh. Michael Rangasamy, Speaker van die Swartland-munisipaliteit se raad oorhandig die afgelope Vrydag op 31 Mei die sleutels van die deure tot die nuwe raadsaal aan die voormalige uitvoerende burgemeester, Rdh Tijmen van Essen. Volgens Rangasamy was dít die inisiatief van Van Essen wat gelei het tot ‘n splinternuwe raadsaal in wat voorheen bekend was as die ou Standard Bank-gebou. By hulle staan ‘n trotse uitvoerende burgemeester van die Swartland, Rdh Harold Cleophas (regs), die onde burgemeester Anet de Beer (links) en raadslede en toekyk. Foto’s: Charlotte Lesch
Die seremoniële lint word met die inhuldiging van die nuwe raadsaal deur die Speaker van die Swartland-munisipale raad, Michael Rangasamy, geknip kort voor die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, se derde munisipale rede. Links staan die voormalige uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen wie se inisiatief gelei het tot ’n splinternuwe raadsaal in die ou Standard Bank-gebou.


