Die tehuis Huis le Roux in Robertson hou elke Vrydag “Funky Friday”, en die afgelope Vrydag het hulle dit ter viering van die nuwe seisoen gedoen. Die inwoners is in groepe van vier verdeel en elke groep moes hul tafel met blomme versier. Die rangskikkings is dan beoordeel en die wenners is net voor middagete aangekondig. Die drie wenspanne het koopbewyse by Jannie Stander van die apteek ontvang. Hierdie tafel se mooi blomme het seker gemaak hulle wen. Van links sit Carol Phernambuck, Elle Beukes, Cora Labuschagne en Ria van Dalen. Foto’s: Tamsyn Jantjies


‘funky friday’ met tafelversierings gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article