Die Malmesbury-rolbalklub het onlangs sy jaarlikse klubkompetisie aangebied en die uitblinkers by ‘n prysuitdeling vir hul uitstekende spel beloon. Van links is Francois van Zyl by Lizelle Colesky en Dawie Horn wat die klub se Driespel-kompetisie gewen het. Derde van links staan Jeffrey Petersen, die president van die klub. Lizelle is ook die 2025-Novis-kampioen.

Die Vierspel-kampioene vir vanjaar is Francois van Zyl en Tia Petersen (hul spanmaats Cobus Vermeulen en Rainier van Zyl was afwesig). Langs Tia staan die klubpresident en ook haar man, Jeffrey Petersen. Tia is die derde agtereenvolgende jaar as die 2025- senior vrouekampioen aangewys.
Piet van Jaar is die 2025- nuwelingkampioen.
Die Pare-kampioene is Dawie Horn en Chris Harmse. Jeffrey Petersen het die trofee aan hulle oorhandig.
Daniël Griebenauw (heel regs), ook ‘n lid van die klub, is by die plaaslike prysuitdeling as die beste sportman aangewys. Griebenauw is ‘n Westelike Provinsie-rolbalspeler vir die o.35-ouderdomgroep, wat op 1 Julie ‘n bronsmedalje tydens die o.35-WP-meesters-toernooi in Durbanville opgeraap het. Heel links staan hul spanmaat Ryan Truter van die Edgemead-rolbalklub.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article