Dit is ’n verskriklike waarheid dat fisieke en emosionele pyn ons kan sterker maak sou mens dit toelaat.

Elsebe Cronje het ’n nagmerrie-ondervinding gehad toe haar gesig deur ’n hond verskeur is. Haar genesing is egter inspirerend.

Krisissituasies kan tye word wanneer alles skielik in plek val en ongelukkig neem dit soms krisisse vir mense om te besef wat werklik belangrik is.

Wanneer dinge lelik skeef loop en ons die dood in die gesig staar, is dit asof die wollerigheid van ons bestaan skielik wegbrand. Skielik staan ons naak, sonder fieterjasies en aangeplaktheid.

As die hond nie vinnig genoeg van Elsebe afgetrek was nie of sy infeksie in die gapende wonde gekry het, kon sy dalk dood gewees het.

Haar vertelling van hoe iets eenvoudig soos skottelgoed was of lyfroom aan haar bene smeer, ’n spesiale geleentheid geword het, herinner ons almal hoe belangrik dit is om die hier en nou en die mense om ons te waardeer.

Dit kos ’n sterk vrou en ’n ondersteunende familie om ’n ondervinding wat bitterheid tot gevolg kon hê in soveel positiwiteit te omskep, en ons is dankbaar vir diegene wat vir ons op so ’n manier tot nuwe insigte bring.

Elsebe sê die grootste les wat sy uit die aanval geleer het, is dat ons nie weet of ons nog tyd het nie en dit nou moet doen. Begrawe nou die strydbyl, sê nou vir ons geliefdes hoe ons oor hulle voel, streef nou daardie droom na

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article