Polisielede van Malmesbury het laat Saterdagaand op inligting gereageer rakende die teenwoordigheid van onbekende mans in die informele nedersetting Illingelethu. Die inligting wat ontvang is, het aangedui dat dié mans tot verskeie rooftogte in die omgewing verbind word. Die polisie het met hul aankoms by ’n plakkershut drie mans tussen die ouderdomme van 26 en 29 jaar aangetref. ’n Vuurwapen met 16 patrone is in ’n soektog ontdek. Die verdagtes is ingevolge die Wet op die beheer van vuurwapens weens die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem. Die verdagtes het na wat verneem word vandag (Dinsdag) voor die Malmesbury-landdroshof verskyn. – Charlotte Lesch
Drie mans vas ná wenk
|
Share this post:

Credit: SYSTEM



