Kaartjies is nou vir Malmesbury Sakekamer se Vrouemaand-byeenkoms Dinsdag 2 Augustus om 18:30 vir 19:00 by die Herehuis-restaurant, beskikbaar.
Die byeenkoms fokus op vroue as entrepreneurs in 2022 met sprekers soos Anita Reynolds (Anitalunchlady), Jade Sedeman en Sumyne Koch, wat oor haar ondervinding met die verfilming van In die Sop sal gesels.
Vonkelwyn, ’n warm ete en veilige parkering is beskikbaar teen slegs R175 en talle gelukkige trekkings sal gehou word. Geen kaartjies sal by die deure verkoop word nie. Stuur e-pos na info@sakekamer.co.za voor 1 Augustus om 10:00 vir besprekings. Vul jou beker en dra ’n interessante hoed!



