Die Darling-Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) pronk met ’n nuwe komitee wat op 4 April verkies is.
Die GPF is ’n wettige gemeenskapstruktuur, daargestel deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens wie se mandaat dit is om skakeling en kommunikasie tussen die gemeenskap en die polisie binne die grense van ’n spesifieke polisiekantoor te fasiliteer.
Die nuwe voorsitter van die Darling-GPF is Norman Maarman, met Adriaan Kleynhans as sy onder-voorsitter.
Die sekretaris is Izak Gelderblom met Willem Vermeulen die amptelike tesourier.
Danzel Andries is as die projekkoördineerder verkies met Launce May as die openbare kommunikasiebeampte.
Addisionele lede is John Goliath, Koos Liebenberg Yolanda McKay, August Opperman, Nowenda Solomons en Henrico Jantjies.



