Spanlede van die Club Tempo-poolklub pronk met hul nuwe spantruie, wat deur Jerome Diedericks, die eienaar van Cheap Cheap, geborg is.


Jerome Diedericks, die eienaar van die Cheap Cheap-kleinhandelwinkel in Kalbaskraal, het verlede maand 16 nuwe T-hempde vir die Club Tempo-poolklub geborg.

Volgens Timothy Mtetwa, die klub se kaptein, sê die klub is onder die Swartland-pool-unie gestig.

“Ons sê dankie aan Jerome Diedericks vir die T-hemde-borgskap en die Kalbaskraal-gemeenskap vir die ondersteuning.

“Hierdie sport maak dit moontlik om misdaad in die gemeenskap te beveg,” sê Mtetwa.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article