Die Weskus-A-span pronk met hul bronsmedaljes. Agter van links staan Inge Theron (afrigter), Sunelle De Bruyn (Darling), Ann-Mari Engels (Vredenburg), Lane Coetzee (Citrusdal), Amber Cooper (Moorreesburg), Ansune Smit (Citrusdal), Jamie-Lee Mouton (Citrusdal), Emma Kordom (Clanwilliam) en Suzette Visser (tegniese beampte). Voor: Delvonia Julies (tegniese beampte), met Lureesha Cleophas (Moorreesburg), Nicole Jacobs (Langebaan), Beulen Lazarus (Moorreesburg), Johanna Skippers (Moorreesburg), Miche Pieters (Vredenburg) en Hanchen Mouton (spanbestuurder). Foto: Verskaf


Die Weskus Senior A-netbalspan het van 1 tot 7 Desember in die B3-afdeling aan die Spar- nasionale kampioenskap op Ellispark in Johannesburg deelgeneem en ’n brons­medalje huis toe gebring.

Die span het nadat onoorwonne tellings aangeteken is, in die halfeindronde 46-51 teen die span van Frances Baard verloor. Weskus se A-span het daarna vir ’n derde en vierde plek teen Capricorn se B-span meegeding en hulle met ’n telling van 40-35 gewen.

Die uitslae was: Weskus t. Uthukela 67-27, Weskus t. Capricorn B: 40-34, Weskus t. Mofutsanyane: 49-27, Weskus t. Amajuba: 49-34 en Weskus t. Ekurhuleni B 36-33.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article