Die rolbal-kampioene Dirkie Pieterse en Lois Kriek. Foto: Verskaf


Die Moorreesburg-rolbalklub is in volle swang met talle kompetisies wat reeds dié seisoen plaasgevind het.

Die eerste twee rondes van die jaarlikse sakeliga-rolbalbyeenkoms is ook afgehandel, met nog twee byeenkomste wat eersdaags sal plaasvind.

Moorreesburg-rolbal-klubkampioenskap:

Die klubkampioenskap vir 2024 is 15 en 16 Maart by die plaaslike rolbalklub gehou, waartydens die mans- en vroue-enkelspelafdelings deur onderskeidelik Dirkie Pieterse en Lois Kriek gewen is.

Pieterse en Kriek neem nou op 12 Mei 2024 aan die Weskus- Kampioen van kampioene-kompetisie deel.

Pro10-kompetisie:

Die plaaslike Pro10-rolbalkompetisie het op sy beurt op 22 en 23 Maart plaasgevind.

Die eerste drie plekke is deur die spanne van Johann Smuts en Gerrit Viljoen met ’n telling van 294, Dirkie Pieterse en Jandré van Wijk met ’n telling van 165 en Jaco Kriek en Lois Kriek in derde plek met ’n telling van 160 gewen.

Die spanne in die eerste en tweede plek neem in Junie 2024 aan die Weskus-uitspeelkompetisie deel.

Jeugontwikkeling:

Daar is onlangs uitgereik na plaaslike hoërskole om leerders aan die spel voor te stel.

AE Groenewald van die Hoërskool Dirkie Uys is een van die leerders wat tydens ’n uitnodigingsgeleentheid baie potensiaal getoon het.

Jonk en oud is welkom om by die klub te kom “rol”. Belangstellendes kry vir drie maande gratis die geleentheid om met rolbal vertroud te raak voordat lidmaatskapsgeld betaalbaar is. Gratis afrigting is ook beskikbaar by ’n gekwalifiseerde rolbalafrigter.

. Vir meer inligting kontak die president, Johann Smuts, by 076 693 1538 of die wedstrydsekretaris, Kiewiet van Rooyen, by 082 896 5826.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article