Die Hoërskool Swartland-atlete en besoekende laerskool-atlete kon Saterdag 16 September onder die kundigheid van Leon Spies leer om hamergooi te beoefen. Die atlete het geleer wat die korrekte hamergooi-greep is en hoe om die hamer suksesvol af te lewer en het selfs geleer hoe om ’n draai in die sirkel te doen. Hierdie kliniek was gemik op die blootstelling aan hamergooi as sport asook die identifisering van talentvolle atlete. Die skool bedank Spies, Jaunu Olivier en Graydon Fabe van die DK-hamergooi-akademie, wat die dag as instrukteurs opgetree het, sowel as al die borge wat die dag moontlik gemaak het. ’n Spesiale woord van dank is ook aan juffrou Gerda van den Bergh gerig, wat die kliniek gereël en haar passie aan die atlete oorgedra het.

Credit: SYSTEM

atlete leer hoe om Hamer reg te gooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article