Die asemrowende sonsondergang wat onlangs op die plaas De Gunst buite Malmesbury vasgevang is, dien as herinnering – wanneer die son se ondergang die einde van ’n dag aankondig, breek ’n nuwe dag, of soos Nuwejaar 2022, ’n nuwe jaar aan. Swartland Gazette wens dus graag al sy lesers en adverteerders ’n uiters voorspoedige 2022 toe. Ons werk-van-die-huis-af-beleid geld steeds en ons kantoor bly gesluit vir die publiek, maar ons staan reg om u tot diens te wees. Kontak ons gerus: Natalie Arendse (ontvangs en geklassifiseerd) by 082 416 4236, Loraine Malan (advertensies) by 071 492 9797 en Maryke Swart (nuusredakteur) by 076 871 3413. Alternatiewelik, stuur e-pos na nuus@swartlandgazette.co.za. Foto: Santa-Mari Walters


Nuwe dag en jaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article