MONTAGU: Die Montagu-polisie vra die publiek om asseblief op die uitkyk te wees vir hierdie twee stoele. Die stoele is in Mei vanjaar uit ’n erf in Tannerstraat in die Montagu-Wes omgewing gesteel. Die Montagu-speurtak ondersoek ’n klagte van diefstal. Speuradjundantoffisier Abasia Wewers, die ondersoekbeampte, kan by 023 614 8321 met inligting rakende die gesteelde stoele gekontak word. Die polisie wil in dieselfde asem ook mense wat in besit van gesteelde eiendom is, waarsku dat hulle hulself aan moontlike strafregtelike vervolging blootstel. Foto: Norman Evertson

Pasop vir gesteelde eiendom

pasop vir gesteelde eiendom

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article