Uitnemend!
Dít beskryf Bonnievale Wines se prestasie by die eerste rosé-wyn-en-spiritualieë-toekennings.
Bonnievale se The Vale Cinsault Rosé Brut en The River Collection Cinsault Rosé 2022 het goue medaljes gewen.
“Ons verwelkom die jongste pluimpie vir ons ‘Cinsault-susters’,” sê Bonnievale Marthinus Rademeyer, Wines se hoofwynmaker. “Cinsault is uitsonderlik veelsydig. Verkoel is dit suiwer genot in ’n glas – veral wanneer dit warm en sonnig is.”
Die eerste Rosé-uitdaging het sowat 130 wyn- en spiritualieë-inskrywings opgelewer.
Die kompetisie is gereël deur The Awards Show, wat ook die Lumo-toekennings (voorheen die SA Vroue- wyn-en-spiritus-toekennings) en die Vitis Vinifera-toekennings aanbied. Die beoordelaarspaneel van die Rosé-uitdaging het die Kaapse Wynmeesters dr. Caroline Snyman en dr. Winifred Bowman ingesluit.
Radeeyer sê die medaljes vul nie net Bonnievale se immergroeiende versameling toekennings aan nie, maar “dit beantwoord ook wynliefhebbers se groot vraag: watter wyn moet ek volgende probeer?”



