Bonnievale Wines se onlangse wenners – The Vale Cinsault Rosé Brut en The River Collection Cinsault Rosé 2022. Foto:


Uitnemend!

Dít beskryf Bonnievale Wines se prestasie by die eerste Rosé wyn-en-spiritualieë-toekennings, waar die The Vale Cinsault Rosé Brut en The River Collection Cinsault Rosé 2022 goue medaljes gewen het.

“Ons verwelkom die jongste pluimpie vir ons ‘Cinsault-susters’, sê Marthinus Rademeyer, Bonnievale Wines se hoofwynmaker. “Cinsault is uitsonderlik veelsydig. Verkoel is dit suiwer genot in ’n glas veral wanneer dit warm en sonnig is.”

Die eerste Rosé-uitdaging het sowat 130 wyn- en spiritualieë-inskrywings opgelewer. Die kompetisie is gereë deur The Awards Show, wat ook die Lumo-toekennings (voorheen die SA Vroue- wyn- en spiritus-toekennings) en die Vitis Vinifera-toekennings aanbied.

Die beoordelaarspaneel van die Rosé-uitdaging het die Kaapse Wynmeesters dr. Caroline Snyman en dr. Winifred Bowman ingesluit.

Marthinus sê die medaljes vul nie net Bonnievale se immergroeiende versameling pryse aan nie, maar “dit beantwoord ook wynliefhebbers se groot vraag: watter wyn moet ek volgende probeer?”

River Collection Cinsault Rosé 2022 is pure plesier. Dit is ’n droë rosé gemaak in die styl tipies van Suid-Frankryk. Die wyn is lig, geurig en verfrissend en sal jou ’n tweede glas vinniger laat skink as wat jy “magnifique” kan sê.

Die Vale Cinsault Brut Rosé is ’n vars, effe-droog vonkelwyn vir alle geleenthede. Die delikate stringe pêrelagtige borrels is aanloklik; so ook die heerlike geure van aarbeie en kersies. Wilde bessies verlei jou palet verder.

Bonnievale se wyne is landwyd beskikbaar en kan in hul aanlyn winkel bestel word by www.bonnievalewines.co.za.

Die wynbestemming self lê aan die buitewyke van Bonnievale, die dorp waaraan dit sy naam ontleen, en is 125 km oos van Kaapstad.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines, besoek die webwerf, skakel 023 616 2795 of e-pos: info@bonnievalewines.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article