Die Moorreesburg-jukskeiklub is Woensdag 10 Augustus gestig. Die bane is by die Gene Louw-sportterrein.
Ons het Saterdag (22 Oktober) ’n interne toernooi gehou, en dit was ’n groot sukses. Ons as bestuur wil net vir Faai en Leni de Jager van Swartland-toilette baie dankie sê vir die mobiele toilet wat hulle vir die dag gratis vir ons beskikbaar gestel het. Dit word opreg waardeer.
Ons bane by die Gene Louw-sportterrein is oop vir almal. Enigiemand wat belangstel om saam met ons te kom speel, kan ons voorsitter, Neville, by 083 231 1535 bel. Ons oefen Dinsdae en Donderdae van 15:00 tot 17:30 en Saterdae 13:00 tot 17:00.



