Hannes (94) en Stienie (90) Stander van Malmesbury het verlede week hul 70ste huweliksherdenking saam met hul kinders en kleinkinders gevier. Die egpaar woon reeds 34 jaar as afgetredenes in Malmesbury ná 36 werksjare op Oranjemund, ’n geslote dorp met streng veiligheidsmaatreëls weens diamantdelwery. Gazettehet in April verlede jaar oor die egpaar se huwelikspad berig kort nadat hulle 69 jaar saam gevier het (“Genade, liefde, geduld vir 69 jaar”, 19 April 2022). Hoe het hulle dit reggekry om sulke lang jare getroud te bly? “Dis net genade,” glo tannie Stienie. “En geduld,” vul oom Hannes aan. Waarop Tannie Stienie lekker lag: “Ja, geduld as die rys etenstyd nog hard is, dan bly jy maar stil. ’n Mens moes maar vasbyt en regkom

Sewe dekades hand aan hand

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article