Drie tennisspelers van die Hoërskool Swartland – Aiden Cupido (o.19), Jani Steyn (o.19) en Christan Cupido (o.15) – het van 24 tot 28 Maart aan die Interpro-tennistoernooi in Pretoria deelgeneem.
Die o. 19- Boland-Kavalierspan het die toernooi as naaswenners afgesluit terwyl die o. 15- Boland-Kavalierspan die toernooi in hul ouderdomsgroep gewen het.
Die skool het Aiden en Jani met hul silwermedaljes en Christan met sy goue medalje gelukgewens.
Jani is na afloop van die Interpro-tennistoernooi tot die o.19 SA span verkies.
Du Preez Erasmus was lid van die o.15- Boland Kavalierspan by die Synergy Cup in Grahamstad. Sy span het by die toernooi gewen.





