Entrepreneurs en ander belangstellendes word genooi om hul produkte Donderdag 8 Junie tydens die Malmesbury-sakekamer se entrepreneurs-aand in die restaurant van die Malmesbury-gholfklub te kom bekendstel.

Besprekings voor of op 1 Junie is noodsaaklik.

Die gasspreker is Eiren Drake, stigter van Tin Stuf. Hierdie entrepreneur van Limpopo het baanbrekerswerk gedoen om hoenderpote (runners) te blik. Dié geblikte produkte word sedert verlede jaar deur Shoprite verkoop.

Kom luister hoe hy vertel van sy uitdagende roete en hoe hy Eskom en ander probleme trotseer.

Kaartjies kos R230 per persoon en sluit ’n driegangmaaltyd in.

Bespreek by info@sakekamer.co.za of 076 528 2955.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article