Bestanddele

3 snye witbrood

1 hand vol vars pietersielie

2 sprietuie – gekap

1 blikkie heelpitmielies (whole kernels) — gedreineer

2 blikkies tuna – in olie

1 eier – liggies geklits

½ koppie cheddarkaas – gerasper

sout en swartpeper

sonneblomolie – om vlak te braai

4 broodrolletjies – gerooster, om voor te sit

pikante sous (braai relish)

mayonnaise – om voor te sit

kruieslaai – liggies geklee, om voor te sit.

Metode:

Plaas die brood in ’n voedselverwerker en blits totdat jy fyn krummels het. Voeg die pietersielie, sprietuie en die helfte van die blikkie mielies by en pols dan tot grof gekap.

Plaas in ’n bak met die tuna, eier, kaas, orige mielies, sout en swartpeper. Meng goed en vorm dan vier groot patties of agt kleintjies. Verkoel vir 10 minute.

Verhit die sonneblomolie in ’n braaipan oor matige hoë hitte. Pak die burgerpatties in die pan en braai elke kant tot goudbruin en gaar. Dreineer op ’n papierhanddoek.

Sit voor op rolletjies met mayonnaise. Voeg pikante sous en ’n kruieslaai van jou keuse by.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article