Jaco Brand van Arbeidsgenot Wyne in Riebeek-Kasteel.

Credit: SYSTEM

Wyn vanuit die Swartland geniet vanjaar aandag by die eksklusiewe SA Terroir-wynkompetisie.

Altesaam 264 wyne is vir die kompetisie ingeskryf, waarvan die plaaslike Arbeidsgenot Wyne uitgeblink het.

Arbeidsgenot Wyne in Riebeek-Kasteel, wat deel is van die Malmesbury-distrik, het ’n uitsonderlike groot rol in dié prestasie vervul deur die drie nasionale wenners met hul Arbeidsgenot Grenache Blanc 2022, Roussanne 2022 en Verdelho 2022 te wen.

Die kompetisie word jaarliks aangebied vir kelders wat hul spesifieke grond en klimaat, naamlik die terroir, hoog op prys stel.

Slegs wyne wat geïdentifiseer is as enkelwingerdwyn, landgoed-geproduseerde wyn en wyn van ’n wyk of ’n distrik wat in nie meer as een wyk verdeel is nie, kan ingeskryf word.

Altesaam 35 wyne is as nasionale wyne aangewys en vyf trofeë is aan die beste wyne toegeken, waarvan Arbeidsgenot se wyne deel was.

Die Malmesbury-distrik het vanjaar die trofee vir top-distrik in die Swartland gewen. Dit was ook die kelder se eerste inskrywing.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article