Matriekleerders van die Hoërskool Swartland het die eerste keer sedert 2019 voortgegaan met ’n jarelange tradisie om die dag voor hul laaste skooldag die munisipale swembad in hul skooldrag in te vaar. Foto: Charlotte Lesch


Matrieks in die Swartland het die afgelope week saam met hul mede graad 12-leerders landwyd hul laaste amptelike skooldag gevier. Hoewel sommige leerders reeds hul eerste vraestelle geskryf het, skop die nasionaleseniorsertifikaateksamen vir alle matriekleerders op Maandag 30 Oktober af wanneer hulle hul eerste Engels-vraestel sal skryf.

Jan-Paul Bester lui die klok met die skoolhoof Justus Schoonraad by hom op HSS se uitstapdag, ’n tradisie wat in 2018 ’n instelling geword het. Foto: Verskaf

Die matriekklas van Hoërskool Dirkie Uys in Moorreesburg pronk vir oulaas vir ’n foto saam voordat die matriekeindeksamen Maandag 30 Oktober begin. Foto: Hoërskool Dirkie Uys

Talle matrieks het Vrydag (20 Oktober) hul laaste amptelike skooldag gevier. Die nasionaleseniorsertifikaateksamen begin Maandag 30 Oktober. ’n Groepie matrieks van die Hoërskool Dirkie Uys in Moorreesburg het in die swembad gespring om hul laaste sk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article