Opvoeders het onlangs die geleentheid gekry om ’n profiel oor ’n leerder vir die jaarlikse Pick n Pay-helde-toekenningsprogram (Hero Awards Programme) te skryf en in te stuur. Die program is vanjaar die 14de keer aangebied. Die toekennings bly ’n belangrike komponent van die Pick n Pay-skoleklub deur die heldedade van leerders, soos braafheid en vriendelikheid, te vier. Twee leerders van Liebenberg Primêr in Malmesbury het deurgedring en is as wenners uit die Wes-Kaap aangewys. Slegs vier leerders van die provinsie het as wenners uit altesaam 15 van reg oor die hele land uitgeblink. Volgens die onderwysers van Liebenberg is hulle baie trots op Bahle Ntswanti (graad 6), die wenner in die afdeling vir omgewingsbewustheid, en Shaan-Lee April (graad 3), die wenner in die afdeling vir respek. Elke wenner het ’n toekenning en ’n R1 000-geskenkbewys van Pick n Pay ontvang. Van links staan Deidre Marais (graad 6-onderwyseres), Neil Bothma (projekbestuurder van die PnP-helde-toekenningsprogram), die wenner Bahle Ntswanti, Evangeline Don (projekkoördineerder), Lee-Anne La Meyer van Pick n Pay se kliëntediensafdeling, die wenner Shaan-Lee April en die skoolhoof CJ Koopman.

Credit: SYSTEM

Helde pronk vanuit Liebenberg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article