In baie gevalle sou ’n mens reken dat dronkbestuurders gedurende die aand of vroeë oggendure aangekeer word, maar sommige bestuurders is sommer helder oor dag in die feestydperk aangekeer.
Die volgende dronkbestuursake is van 22 tot 27 Desember in die Weskus-distrik aangemeld:
- In Moorreesburg op 23 Desember om 18:10 is ’n 48-jarige man op die N7- weegbrug weens dronkbestuur aangekeer. Sy voertuig is nagegaan en hy het erken dat hy onder die invloed van alkohol was; sy hofdatum is 25 Maart.
- ’n Man (47) het op 27 Desember in die hof verskyn nadat hy om 17:30 op die N7 / Malmesbury-pad afgetrek is vir dronkbestuur, sy volgende verskyning is op 25 Junie.
- Omstreeks 19:00 is ’n 40-jarige motoris ook op dieselfde pad afgetrek vir dronkbestuur; hy was ook op 27 Desember in die hof waarna die saak tot 25 Junie uitgestel is.
- ’n 22-jarige jong man van Darling moet op 2 April in die hof verskyn nadat hy Dinsdagnag 26 Desember om 23:50 op die Darling/ Malmesbury-pad vir dronkbestuur aangekeer is.



