Die reuseknoffel wat oom Braam uit sy tuin geoes het. Foto: Johan Vermeulen


Dit is geen geheim dat oom Braam Vermeulen van Moorreesburg berug is vir sy groenvingers nie.

Die reuseknoffel wat oom Braam uit sy tuin geoes het. Foto: Johan Vermeulen

Gazette het al in die verlede telke male oor oom Braam se slag in die tuin berig – van monster-lemoene (“Reuse-lemoene vir hom ’n verrassing”, 16 Julie 2019) tot slim maniere om water op te vang (“Oom Braam maak ’n plan met water”, 10 Julie 2018).

Gedurende die jaar word daar groot tuin gemaak wanneer verskeie groente geplant word.

So is daar verlede jaar knoffel aangeplant.

Groot was die verrassing toe dit tyd word om die knoffel te oes en hy ’n allemintige twee knoffels met ’n totale gewig van 409 g uittrek. Die grootste knoffel ooit op Moorreesburg, volgens oom Braam.

“Daar was vanjaar ’n groter aanvraag na vars knoffel uit die tuin om kroniese toestande soos hoë bloeddruk en suiker teen te werk asook verkoues en covid,” vertel hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article