Baba Skeepers is een van die babas in die Weskus-distrik wat op Kersdag deur haar ouers verwelkom is. Foto: verskaf

Credit: SYSTEM

Altesaam 23 babas is op Kersdag en Nuwejaarsdag in hospitale in die Weskus-distrik verwelkom.

Volgens Roche Laws, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, is 13 babas op Kersdag (25 Desember) gebore en nog tien babas op Nuwejaarsdag.

Baba Skeepers is een van die babas in die Weskus-distrik wat op Kersdag deur haar ouers verwelkom is. Foto: verskaf

In die Swartland-hospitaal in Malmesbury is vier babadogtertjies op Kersdag en twee op Nuwejaarsdag gebore, terwyl een babaseun op Kersdag in die Radie Kotze-hospitaal in Piketberg gebore is.

Die ander babas in die distrik is gebore in die Vredenburg-, Vredendal- en Clanwilliam- provinsiale hospitale.

Die ouderdom van die mammas wat die lewe geskenk het, wissel van so jonk as 15 tot 34 jaar.

Laws sê die departement wens die ouers geluk met die veilige geboorte van hul babas.

“Ons sien uit om deel te wees van hul ontwikkelingsreis. Ons bedank ook al ons personeel, insluitend vroedvroue vir hul harde werk en toewyding.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article