Alles is reg vir die 62ste Bergrivier-kanomarathon met minder as 50 dae totdat die kanovaarders uit Paarl wegspring op dié epiese tog van 3 tot 6 Julie na Velddrif.
En vanjaar is juis ’n spesiale jaar vir die Paarl, met hul legendariese roeier Jannie Malherbe (85) wat vir sy 51ste Berg’ mik. Malherbe, met 50 medaljes op sy kerfstok, het die meeste marathons nóg saam met die ontslape Giel van Deventer voltooi.
Van Deventer het in Augustus 2022 tydens ’n wedvaart op die Breërivier buite Swellendam verdrink.
Inskrywings is nog oop – besoek www.berg.co.za




