Altesaam 38 gimnaste van die Malmesbury-gimnastiekklub het onlangs (op 20 en 21 Julie) aan die Wes-Kaapse akrobatiese gimnastiekkampioenskap in Stellenbosch deelgeneem.
Die hele groep is na afloop van die kompetisie gekies om die Wes-Kaap eersdaags by die nasionale kampioenskap in Kaapstad te gaan verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap word van 27 tot 29 September beslis.
“Ons is baie trots om te kan sê dat al 38 gimnaste gekwalifiseer het en hard aan die oefen is vir SA’s,” het Marno Crafford, die eienaar en afrigter by die plaaslike klub bevestig.





