Die o.14C-rugbyspan van HSS, ’n eerste vir die skool, het hul goed van hul taak gekwyt en die Blackies met 15-7 geklop. Foto: Jamy-Lee Davids/ Hoërskool Swartland-fotografieklub


Die jaarlikse interskole kragmeting tussen die Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool het soos oudergewoonte vir naelbyt-aksie gesorg.

Die eerstespanrugbywedstryd was ’n klipharde wedstryd wat tot kort voor die eindfluitjie nog in enige span se guns kon swaai. Die stryd is uiteindelik net-net met 15-17 deur Hugenote gewen.

Die o.19A-netbalspanne het hul staal gewys in ’n topklasvertoning deur al twee spanne, maar helaas was dit die Rockies wat ná ’n 27-23-oorwinning met groot glimlagte van die netbalbaan af gestap het. Die eerste-meisieshokkiespan het op hul beurt met ’n oorwinning van 1-0 oor Hugenote geseëvier terwyl die eerste-seunshokkiespan 0-1 verloor het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article