Talle gevaarlike wapens is die afgelope week deur die plaaslike polisie in die besit van verdagte inwoners in Riebeek-Wes gevind en is telkens afgeneem.

  • ‘n Man is vir die besit van onwettige dwelmmiddels aangekla nadat hy onlangs deur die plaaslike polisie van Riebeek-Wes voorgekeer is. Altesaam 12 halwe mandrax-tablette en 14 klein sakkies dagga en los dagga is Woensdag 9 Julie in die besit van dié 75-jarige man gevind. Die beskuldigde het Donderdag 10 Julie in die plaaslike hof verskyn.
  • ‘n Dertig-jarige verdagte van Riebeek-Wes het verlede Maandag (14 Julie) op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die plaaslike landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrikspolisiekantoor, kapt. Tania Helfrich, is die verdagte op Vrydag 11 Julie in Piet Retiefstraat in Riebeek- Kasteel aangekeer toe hy in die besit van sakke vol avokadopere aangetref is. Die verdagte kon geen redelike verduideliking of bewyse vir die oorsprong van die goedere gee nie.
  • ‘n Man (36) sterk tans in die plaaslike Radie Kotze-hospitaal in Piketberg aan nadat sy 26-jarige stiefseun hom glo Saterdagaand (12 Julie) met ‘n gebreekte bottelnek gesteek het. Die slagoffer het veelvuldige wonde aan sy gesig en kop opgedoen, het Helfrich bevestig. Die beskuldigde het verlede op 14 Julie in die plaaslike landdroshof op die aanklag poging tot moord verskyn.
  • ‘n Man (19) is op 11 Julie omstreeks 07:15 in die omgewing van Malmesbury op pad na sy werk deur twee mans met ‘n vuurwapen aangeval. Een van die mans het die slagoffer in die linkerskouer geskiet voordat hulle weggehardloop het. In nóg ‘n voorval is ‘n 38-jarige slagoffer verlede Saterdag ( 12 Julie) in sy woning in die omgewing van Malmesbury geskiet. ‘n Onbekende man het glo die slagoffer genader en twee skote afgevuur. Die man het kort daarna in die plaaslike Swartland-hospitaal behandeling ontvang.
‘n Man (30) van Riebeek-Wes het op 14 Julie op ‘n aanklag vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn. Die verdagte is Vrydag 11 Julie in Piet Retiefstraat aangekeer waar hy in die besit van sakke vol avokadopere was.
Riebeek-Wes: ‘n Man word vir die besit van onwettige dwelms aangekla nadat hy onlangs deur die polisie van Riebeek-Wes voorgekeer is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article