Néca Damon, ‘n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Porterville, het pas gehoor dat sy gekwalifiseer het om in September aan die nasionale ronde van die Interskole Redenaarsliga by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg deel te neem. Néca het in Mei aan die streeksuitdunronde deelgeneem en sal op 27 September in Johannesburg deelneem. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die Hoërskool Porterville is trots op haar en wens haar alle voorspoed toe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article