Yulle Goliath (regs) met haar afrigter, Willem Phillips.
Yulle Goliath (regs) met haar afrigter, Willem Phillips.

Yulle Goliath (regs), ‘n leerder aan Liebenberg Primêr in Malmesbury, is onlangs as die nuwe Suid-Afrikaanse
gewigoptelkampioen in haar ouderdomsgroep gekroon. Dié 12-jarige, ‘n lid van die Malmesbury- gewigoptelklub, het Saterdag 5 Julie aan die nasionale gewigoptel-kampioenskap in Kuilsrivier deelgeneem en met die louere weggestap nadat sy in haar ouderdomsgroep vir o.14-meisies in die 44kg-gewigsafdeling meegeding het. Sy het nie net daarin geslaag om ‘n goue medalje op te raap nie, maar is ook as die beste o.14-meisiesdeelnemer vir 2025 aangewys. Haar afrigter, Willem Phillips (links), het boonop as ‘n beoordelaar tydens vanjaar se kampioenskap opgetree.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article