Die 41ste kudde-evalueringsdag is om die draai en vind Vrydag (18 Augustus) by die skougronde op Malmesbury plaas.
Die unieke geleentheid bied onder meer prestasietoetsing van merinoskape, kudde-evaluering van jongooie, ’n slaglam-kompetisie, vagbeoordeling en kursusse vir skoolleerders aan.
Die wolbaaldrakompetisie en slaglamveiling is ook elke jaar ’n treffer wat groot vermaak oplewer. Moet dus nie die geleentheid, aangebied deur Agri Malmesbury se eie Skaapstudiegroep, misloop nie.
Toegang kos R150 vir volwassenes en R80 vir leerders en sluit middagete in.




