"Ons kan dalk in die top 10 inbreek, maar ons vat dit maar wedstryd vir wedstryd, ons word maar nog as die buiteperd in dié liga gesien," vertel du Preez.
Stellenberg wil vanjaar in die top vier van die WP premier A liga eindig.

Die Jade Brigade, dream team. ‘n Eitket wat deur ondersteuners, skrywers en die groter rugby-gemeenskap op Stellenberg se 2026 eerstespan geplaas is.

Dit kom nadat twee sterk groepe van Stellenberg vanjaar saam vir die 1ste XV beskikbaar is. Direkteur van Rugby, Pierre du Preez verwerp die idee van ‘n sogenaamde ‘dream team’.

“Hulle moet besef daar is nie iets soos ‘n dream team nie. Ons moet realisties wees, ons speel in die WP Premier A-liga. Eintlik vir enige span om onoorwonne te wees in Suid Afrika is amper onmoontlik met hoe kompeterend skole rugby geword het,” verduidelik hy.

Volgens Du Preez gaan die seuns in die eerste week van Maart op ‘n kamp na die platteland, waar hulle mekaar behoorlik gaan leer ken.

“Die skool het ook ‘n welstandberader aangestel om alle leerders by te staan. “Hy gaan ook ‘n groot rol speel in die sielkundige aspek van die sport. Dit is iets wat ons wil dryf vanjaar, want daar is genoeg talent by Stellenberg, maar ons wil seker maak die seuns se koppe is reg,” sê hy.

Stellenberg sien realistiese sukses as hulle in die top vier van die WP premier A liga eindig, maar wil graag ook 'n paar van die groot vyf en die res van die rugby landskap skok.
Du Preez glo tog dat as hulle al die spelers in hulle omgewing kan hou sal hulle vir ʼn top 5 plek kompeteer.

Stellenberg sien realistiese sukses as hulle in die top vier van die WP premier A liga eindig. Op hulle bepalingslys vir die jaar is, Paarl Gimnasium vroeg in die seisoen, voor hulle op die Noord-Suid toernooi teen Grey College en Garsfontein moet kragte meet. Kort na dié toernooi kom kuier Paul Roos vir hulle voor hulle op Wildeklawer teen Maritzburg College en Diamantveld te staan kom. Boishaai, Oakdale en Boland Landbou wag ook nog vir die Jade Brigade na die Wildeklawer toernooi.

Dan is daar nog nie eens sprake van die ander WP skole soos SACS, Wynberg en Rondebosch nie. Uiteindelik speel hulle in die groot interskole wedstryd teen Durbanville wat vanjaar ook in die WP premier A liga speel.

Tydens verlede jaar se interskole was daar glo 10 000 mense deur die hekke gewees vir die dag. Die wedywering groei elke jaar soos beide spanne goed teen mekaar opmeet.

“Ons kan dalk in die top 10 inbreek, maar ons vat dit maar wedstryd vir wedstryd, ons word maar nog as die buiteperd in dié liga gesien,” vertel du Preez.

Stellenberg het reeds in Oktober met hulle afseisoen program begin, hulle het aan die Six Gun summer sports festival deelgeneem wat ook vir voorbereiding gehelp het. Dit gaan ‘n bepalende jaar vir Stellenberg wees met talle tuiswedstryde op die bepalings hoop du Preez dit help om meer wenne in vanjaar se seisoen te kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article