Die Hoërskool Witteberg en die Goudveld-Hoërskool het die naweek in die Wesgrow Sentrale Skole Sport-reeks kragte gemeet.
Die eerste hokkie-wedstryde is op Vrydag 24 April gespeel, maar swaar reën het veroorsaak dat vier wedstryde nie kon plaasvind nie.

Die spanne wat wel gespeel het, moes uithaal op nat bane. Witteberg se eerste seunshokkiespan het sy wedstryd met 3 – 2 gewen, en die meisie-span met 3 – 1.
Saterdag se koue het nie die aksie stopgesit nie. Inteendeel, dit het ‘n lekker dag van sport verseker.
Op die rugbyveld was dit ‘n modderige storie, maar die spelers het dit geniet en goeie spel gelewer. Die Witteberg-eerstespan se uitslae was ‘n 57 – 7 oorwinning.

Witteberg se eerste spanne het uitgeblink en al hul wedstryde teen Goudveld gewen.
Die netbal is deur Witteberg met 52 – 36 gewen.
Ondanks die nat en koue toestande was dit ‘n geslaagde naweek vol lekker sport en goeie gees.





You must be logged in to post a comment.